uitvoering [boodskap #132050] |
Fri, 10 July 2020 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitvoering
Afbreking: uit•voe•ring
Selfstandige naamwoord: uitvoering
Meervoud: uitvoeringe, uitvoerings
Verkleinwoord: uitvoerinkie
Meervoud van verkleining: uitvoerinkies
Betekenis:
• Om iets in die praktyk te bring; ten uitvoer bring; totstandbrenging; vervulling.
• (musiek) Voor 'n gehoor bring; 'n optrede; opvoering.
Gebruik:
• Die uitvoering van die vonnis is met drie maande uitgestel.
• Die opera se eerste uitvoering het by die Bolsjoi-teater in Moskou plaasgevind.
Afgelei:
• konsertuitvoering
• sanguitvoering
• toneeluitvoering
• uitvoeringsprosesse
• uitvoeringsvermoë
Vertaling:
Engels: execution, accomplishmen; performance, presentation
Nederlands: uitvoering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|