konfyt [boodskap #132039] |
Thu, 09 July 2020 12:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konfyt
Afbreking: kon•fyt
Selfstandige naamwoord: konfyt
Meervoud: konfyte
Verkleinwoord: konfytjie
Meervoud van verkleining: konfytjies
Betekenis:
• Soet, stroperige smeermiddel vir brood, meestal berei van vrugte en suiker.
Gebruik:
• Sy smeer botter en konfyt op haar toebroodjie.
Spreekwoord:
• 'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. [Indien nodig moet 'n kind moet gereeld gestraf word.]
Sinoniem:
• jêm (informeel)
Hiponiem:
• aarbeikonfyt
• appelkooskonfyt
• kweperkonfyt
• meboskonfyt
• moskonfyt
• perskekonfyt
• tamatiekonfyt
• vyekonfyt
Afgelei:
• konfytblik
• konfytbottel
• konfytfles
• konfytpot
Vertaling:
Engels: jam, preserve, comfits
Nederlands: confituur, jam
Werkwoord: konfyt
Verlede tyd: het gekonfyt
Betekenis:
• Met konfyt besmeer of behandel.
Gebruik:
• Jy moet die brood goed konfyt.
Vertaling:
Engels: to spread jam
Nederlands: konfijten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|