wanorde [boodskap #132037] |
Thu, 09 July 2020 10:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanorde
Afbreking: wan•orde
Samestelling: wan- + orde
Selfstandige naamwoord: wanorde
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Deurmekaarspul. Toestand waarin reëls ontbreek of nie toegepas word nie.
Gebruik:
• Wanneer slegte mense regeer, heers wanorde en korrupsie. [Spreuke 29:16]
Sinoniem:
• chaos
• ordeloosheid
• verwarring
Antoniem:
• orde
Afgelei:
• wanordelik
Vertaling:
Engels: disorder, chaos, confusion
Nederlands: wanorde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|