ensemble [boodskap #132031] |
Wed, 08 July 2020 12:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ensemble
Afbreking: en•sem•ble
Selfstandige naamwoord: ensemble
Meervoud: ensembles
Verkleinwoord: ensembletjie
Meervoud van verkleining: ensembletjies
Betekenis:
• 'n Musiek- of toneelgeselskap; groep mense wat saam optree of musiek uitvoer.
• 'n Samehangende geheel; al die dele saam soos een.
Gebruik:
• Hy was 'n lid van die Afrikaanse Ensemble van die destydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste.
• Die grot se stalagmiete en stalaktiet vorm 'n betowerde ensemble.
Sinoniem:
• samespel
Vertaling:
Engels: ensemble
Nederlands: ensemble
Nota:
Die korrekte uitspraak is: an-saam-ble.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|