naywerig [boodskap #132015] |
Tue, 07 July 2020 09:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naywerig
Afbreking: na•y•we•rig
Byvoeglike naamwoord: naywerig
Vergrotende trap: nayweriger
Oortreffende trap: naywerigste
Attributief: naywerige
Betekenis:
• Iemand iets nie gun nie (wat jy self wil hê); afguns en jaloesie toon.
Gebruik:
• Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. [Jakobus 4:2-3]
Sinoniem:
• afgunstig
• jaloers
• nydig
• ywersugtig
Afgelei:
• naywerigheid
Vertaling:
Engels: emulous, jealous, envious
Nederlands: na-ijverig, naijverig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|