Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kosmos
kosmos [boodskap #132007] Mon, 06 July 2020 15:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kosmos in die veld.
Kosmos in die veld.
'n Deel van die heelal, of kosmos.
'n Deel van die heelal, of kosmos.
kosmos
Afbreking: kos•mos


Selfstandige naamwoord: kosmos
Meervoud: kosmosse
Verkleinwoord: kosmossie
Meervoud van verkleining: kosmossies

Betekenis:
• (sterrekunde) Die heelal (geen meervoud).
• (plantkunde) 'n Pienk en wit blomsoort, Cosmos bipinnatus, wat op plekke in Suid-Afrika wild groei.

Gebruik:
• Die kosmos het gevorm met die Groot Knal.
• Daar staan ’n plaat kosmosse langs die pad.

Sinoniem:
• heelal
• ruimte
• skepping
• universum

Vertaling:
Engels: universe; cosmos
Nederlands: heelal, universum; cosmea

Nota:
• Van Grieks: κόσμος "kósmos", wêreld of heelal.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: modder
Volgende onderwerp: kroket
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:27:20 UTC 2025