Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kinkel
kinkel [boodskap #132005] Mon, 06 July 2020 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kinkel
Afbreking: kin•kel


Selfstandige naamwoord: kinkel
Meervoud: kinkels
Verkleinwoord: kinkeltjie
Meervoud van verkleining: kinkeltjies

Betekenis:
• 'n Buig of knak in 'n pyp, kabel, tou of draad.
• Iets wat draaie en kronkels maak.
• Iets onverwags; slim of sluwe plan; nuk of streek.

Gebruik:
• Jy moet die kinkels uithaal voor jy die tuinslang oprol.
• Die stroompie kinkel deur die berge.
• Die rolprent handel oor grondeise, maar met 'n kinkel.

Spreekwoord:
• Daar is 'n kinkel in die kabel. ['n Onvoorsiene moeilikheid of wending.]

Wisselvorm:
• kink

Vertaling:
Engels: bend, curl, kink; hitch
Nederlands: kinkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lobola
Volgende onderwerp: modder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:45:22 UTC 2025