Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoenderkop
hoenderkop [boodskap #132003] Mon, 06 July 2020 12:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoenderkop
Afbreking: hoen•der•kop
Samestelling: hoender + kop


Byvoeglike naamwoord: hoenderkop
Attributief: hoenderkop

Betekenis:
• Dronk wees.

Gebruik:
• Die man was hoenderkop toe hy sy kar gerol het.

Sinoniem:
• aangeklam
• bedwelmd
• beneweld
• besope
• dronk
• gekoring

Vertaling:
Engels: drunk, tipsy, boozy
Nederlands: aangeschoten


Bywoord: hoenderkop

Betekenis:
• Terwyl mens dronk is.

Gebruik:
• Hy het hoenderkop by die funksie opgedaag.

Vertaling:
Engels: drunk, tipsy, boozy
Nederlands: aangeschoten


Selfstandige naamwoord: hoenderkop
Meervoud: hoenderkoppe
Verkleinwoord: hoenderkoppie
Meervoud van verkleining: hoenderkoppies

Betekenis:
• 'n Hoender se kop.

Gebruik:
• Arm huishoudings voeg dikwels goedkoper bronne van proteïen by hulle dieet, soos hoenderkoppe , -nekke en -pote, of geblikte vis.

Engels: chicken head
Nederlands: kippenkop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: millennium
Volgende onderwerp: lobola
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:55:26 UTC 2025