Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » feniks
feniks [boodskap #131992] Sun, 05 July 2020 16:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n feniks uit in 'n boek oor mitiese diere deur die Duitse kunstenaar Friedrich Justin Bertuch.
Voorstelling van 'n feniks uit in 'n boek oor mitiese diere deur die Duitse kunstenaar Friedrich Justin Bertuch.
feniks
Afbreking: fe•niks


Selfstandige naamwoord: feniks
Meervoud: fenikse
Verkleinwoord: feniksie
Meervoud van verkleining: feniksies

Betekenis:
• (mitologie) Fabelagtige voël, enig in sy soort, wat homself elke 500 jaar verbrand en weer uit sy eie as herrys (as simbool van onsterflikheid).
• (figuurlik) 'n Unieke en seldsaam begaafde persoon.
• (figuurlik) Vervanging vir iets wat verwoes is, veral deur vuur.

Gebruik:
• Ra is onder andere ook as 'n ram, kewer, feniks, slang, bul, kat en 'n leeu uitgebeeld.
• Albert Einstein was 'n ware feniks.
• Ons sal opstaan en soos die feniks uit die as verrys.

Sinoniem:
• feniksvoël

Hiperoniem:
• fabeldier

Vertaling:
Engels: phoenix
Nederlands: feniks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedrog
Volgende onderwerp: katode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:27:23 UTC 2025