Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sluis
sluis [boodskap #131986] Sun, 05 July 2020 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sluise van die Hooverdam.
Sluise van die Hooverdam.
sluis
Afbreking: sluis


Selfstandige naamwoord: sluis
Meervoud: sluise
Verkleinwoord: sluisie
Meervoud van verkleining: sluisies

Betekenis:
• 'n Deur wat gebruik word om water tee te hou of die watervlak te beheer.
• (skeepvaart) 'n Stel deure in 'n waterweg wat dit vir vaartuie moontlik maak om van 'n laer na 'n hoër watervlak te vaar.

Gebruik:
• Die dam se sluis word oopgetrek om 'n oorstroming te verhoed.
• Om die kanaal bevaarbaar te maak, moet 'n ingewikkelde stelsel sluise gebou word.

Afgelei:
• bo-sluis
• damsluis
• inlaatsluis
• kanaalsluis
• sluiskamer
• sluiswagter
• uitlaatsluis

Vertaling:
Engels: sluice, lock
Nederlands: sluis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sjuut
Volgende onderwerp: sypel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:20:54 UTC 2025