poeier [boodskap #131957] |
Sat, 04 July 2020 11:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
poeier
Afbreking: poei•er
Selfstandige naamwoord: poeier
Meervoud: poeiers
Verkleinwoord: poeiertjie
Meervoud van verkleining: poeiertjies
Betekenis:
• 'n Fyn stof.
Gebruik:
• Toetse het getoon dat die vreemde poeier nie antraks is nie.
Afgelei:
• bakpoeier
• niespoeier
• jeukpoeier
• melkpoeier
• poeieragtig
• poeierkoffie
• poeiermelk
• poeiervorm
• rissiepoeier
• waspoeier
Vertaling:
Engels: powder
Nederlands: poeder
Werkwoord: poeier
Verlede tyd: het gepoeier
Betekenis:
• 'n Poeier gebruik of aanwend.
Gebruik:
• Sy poeier haar gesig.
Vertaling:
Engels: to powder
Nederlands: poederen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|