| lugpyp [boodskap #131955] |
Sa., 04 Julie 2020 09:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25519 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die menslike lugpyp.
lugpyp
Afbreking: lug•pyp
Samestelling: lug + pyp
Selfstandige naamwoord: lugpyp
Meervoud: lugpype
Verkleinwoord: lugpypie
Meervoud van verkleining: lugpypies
Betekenis:
• Die pyp wat die longe met die keel verbind, deel van die asemhalingstelsel.
Gebruik:
• Wanneer kos gesluk word, beweeg die kleintongetjie (epiglottis) agtertoe en sluit die larinks, wat keer dat voedsel in die lugpyp ingaan.
Sinoniem:
• tragea
Vertaling:
Engels: windpipe, trachea
Nederlands: luchtpijp
Xhosa: uqhoqhoqho
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 17 Junie 2026 13:44] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|