nok [boodskap #131948] |
Sat, 04 July 2020 08:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nok
Afbreking: nok
Selfstandige naamwoord: nok
Meervoud: nokke
Betekenis:
• Die boonste rand van 'n dak; hoogste gedeelte van 'n skuins dak.
• Glystuk in 'n meganiese toestel wat roterende beweging na lineêre beweging omskakel.
Gebruik:
• Die wind huil oor die dak se nok.
• Wanneer die suier styg, laat 'n nok die uitlaatklep oopgaan en die verbrande gasse word uitgedryf.
Sinoniem:
• dakrand
• dakvors
Afgelei:
• nokas
• nokbalk
• nokhoogte
• nokpaal
• noktoring
Vertaling:
Engels: topbeam of roof; cam
Nederlands: nok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|