Leksikograaf Boodskappe: 26882 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Tol.tol
Afbreking: tol
Selfstandige naamwoord: tol
Meervoud: tolle
Verkleinwoord: tolletjie
Meervoud van verkleining: tolletjies
Betekenis:
• 'n Keëlvormige speelding met 'n toutjie wat om sy punt te draai as dit gegooi word.
• 'n Spoel waarom garing gedraai is of 'n ander voorwerp wat om 'n as draai.
• Geld wat verbygaande reisigers moet betaal of wat by 'n doeane vir verbygaande goedere gehef word.
• (figuurlik) 'n Swaar prys wat vir iets betaal word.
Gebruik:
• Hy het 'n tol vir sy verjaarsdag gekry.
• Gee vir my die blou tolletjie aan om die broek te stik.
• Motoriste moet tol betaal om die brug te gebruik.
• Almal is moeg en die jaar begin sy tol eis.