bely [boodskap #131942] |
Fri, 03 July 2020 20:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bely
Afbreking: be•ly
Werkwoord: bely
Verlede tyd: het bely
Teenwoordige deelwoord: belydende
Betekenis:
• Erken dat jy iets verkeerd gedoen het en berou daaroor toon; beken; bieg.
• Voor ander getuig waarin jy glo; openlik uitkom vir.
Gebruik:
• Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. [Spreuke 28:13]
• As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. [Romeine 10:9]
Afgelei:
• belydend
• belydenis
Vertaling:
Engels: to repent, confess, profess, avow
Nederlands: belijden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|