Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kweper
kweper [boodskap #131938] Fri, 03 July 2020 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kweper
Kweper
kweper
Afbreking: kwe•per
Uitspraak: /ˈkviə̯pər/, /ˈkʋiə̯pər/


Selfstandige naamwoord: kweper
Meervoud: kwepers
Verkleinwoord: kwepertjie
Meervoud van verkleining: kwepertjies

Betekenis:
• (plantkunde) Die kweperboom, Cydonia oblonga.
• (vrug) Die geel, peervormige vrug van die kweperboom.

Gebruik:
Kwepers is vroeër jare algemeen in tuine aangeplant vir die vrugte wat vir konfyt gebruik is.
• In Suid-Afrika word kwepers soms vars van die boom af geëet, geskil en met sout bestrooi.

Afgelei:
• kweperheining
• kweperjellie
• kweperkonfyt
• kweperlaning
• kweperlat

Vertaling:
Engels: quince
Nederlands: kweepeer
Xhosa: ikwepile
Zoeloe: ikwipili

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: likeur
Volgende onderwerp: pryk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 06:44:19 UTC 2025