likeur [boodskap #131937] |
Fri, 03 July 2020 19:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
likeur
Afbreking: li•keur
Selfstandige naamwoord: likeur
Meervoud: likeurs, likeure
Verkleinwoord: likeurtjie
Meervoud van verkleining: likeurtjies
Betekenis:
• Alkoholiese drankie van gedistilleerde spiritualieë en 'n versoeter wat gegeur is met speserye, vrugte, kruie of neute.
Gebruik:
• 'n Likeur word dikwels saam met of ná ’n nagereg voorgesit.
Afgelei:
• heuninglikeur
• likeurglas
• likeurstokery
• maroelalikeur
Vertaling:
Engels: liqueur
Nederlands: likeur
Nota:
• Van Latyn: liquifacere, "om vloeibaar te maak".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|