Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kartets
kartets [boodskap #131935] Fri, 03 July 2020 19:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kartets.
'n Kartets.
kartets
Afbreking: kar•tets


Selfstandige naamwoord: kartets
Meervoud: kartetse
Verkleinwoord: kartetsie
Meervoud van verkleining: kartetsies

Betekenis:
• Metaalbuis met koeëls of skrootyster (skrapnel) wat vanaf kanonne, houwitsers en soortgelyke wapens geskiet word.

Gebruik:
• Die vyand het die loopgrawe onder kartetse gesteek.

Afgelei:
• granaatkartets
• kartetsgeskut
• kartetskoeël
• kartetslading
• kartetsmetaal
• kartetsskoot
• kartetsvuur

Vertaling:
Engels: grape-shot, canister-shot
Nederlands: kartets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skroot
Volgende onderwerp: houwitser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:11:09 UTC 2025