Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diopter
diopter [boodskap #131923] Thu, 02 July 2020 20:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
diopter
Afbreking: di•op•ter


Selfstandige naamwoord: diopter
Meervoud: diopters
Verkleinwoord: dioptertjie
Meervoud van verkleining: dioptertjies

Betekenis:
• Meeteenheid van die brekingskrag van 'n lens, gelyk aan die omgekeerde fokusafstand in meter.
• Die visier of kykspleet van 'n instrument.

Gebruik:
• 'n Lens met 'n negatiewe diopter (-1, -2, ens.) word vir miopie (bysiendheid) voorgeskryf en 'n lens met positiewe diopter (+1, +2, ens.) vir hiperopie (versiendheid).

Vertaling:
Engels: diopter, dioptre
Nederlands: diopter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: trippel
Volgende onderwerp: woordvoerder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 06:44:09 UTC 2025