weinig [boodskap #131921] |
Thu, 02 July 2020 19:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weinig
Afbreking: wei•nig
Byvoeglike naamwoord: weinig
Vergrotende trap: minder
Oortreffende trap: minste
Intensief: bloedweinig, broodweinig
Betekenis:
• In 'n klein aantal of hoeveelheid, nie baie nie.
Gebruik:
• Daar is maar weinig mense hier.
Spreekwoord:
• Groot lantern, weinig lig. [Iemand met min verstand.]
• Veel geskreeu en weinig wol. ['n Ophef oor 'n kleinigheid maak.]
• Groot lawaai, weinig wol. [Gesê van iemand wat 'n groot ophef maak oor 'n nietigheid.]
Sinoniem:
• bietjie
• min
Antoniem:
• baie
• veel
Vertaling:
Engels: little, few, not much, not many
Nederlands: weinig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|