Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kreef
kreef [boodskap #131910] Thu, 02 July 2020 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kreef.
'n Kreef.
kreef
Afbreking: kreef


Selfstandige naamwoord: kreef
Meervoud: krewe, kreefte
Verkleinwoord: krefie
Meervoud van verkleining: krefies

Betekenis:
• 'n Skaaldier en gesogte seekos met tien pote, twee voelhorings, 'n groot agterlyf en 'n lang stert.
• Die vierde sterrebeeld van die diereriem.

Gebruik:
• 'n Kreef sal enigiets vreet en word nie verniet die skoonmaker van die see genoem nie.
• Die son staan van 20 Julie tot 10 Augustus in die sterreteken kreef.

Afgelei:
• kreefagtig
• kreeffabriek
• kreefslaai
• kreefsop
• kreeftegang
• kreefvangs
• kreefwaters

Hiponiem:
• rivierkreef
• seekreef
• varswaterkreef
• ooskuskreef
• weskuskreef

Vertaling:
Engels: lobster, crayfish, crawfish; Cancer
Nederlands: kreeft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duiker
Volgende onderwerp: kina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 06:37:26 UTC 2025