dryfveer [boodskap #131905] |
Wed, 01 July 2020 19:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dryfveer
Afbreking: dryf•veer
Samestelling: dryf + veer
Selfstandige naamwoord: dryfveer
Meervoud: dryfvere
Verkleinwoord: dryfveertjie
Meervoud van verkleining: dryfveertjies
Betekenis:
• (figuurlik) Die rede om iets te doen.
• 'n Veer wat onder spanning energie vir die beweging van 'n meganiese apparaat lewer.
Gebruik:
• Die dryfveer vir sy gedrag is nie heeltemal duidelik nie.
• 'n Outomatiese horlosie se dryfveer word deur die beweging van die draer opgewen.
Sinoniem:
• beweegrede
• impuls
• motief
• oorsaak
• stootkrag
Vertaling:
Engels: incentive, motive; mainspring
Nederlands: drijfveer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|