end [boodskap #131904] |
Wed, 01 July 2020 18:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
end
Afbreking: end
Selfstandige naamwoord: end
Meervoud: eindes
Betekenis:
• Die einde; daar waar iets in tyd of plek ophou.
Gebruik:
• Kry end met jou nonsens.
• Die storie kom nie tot 'n end nie.
Spreekwoord:
• Sy is sonder end. [Sy is taai en kan lank aanhou.]
• Sy sal nooit die end daarvan hoor nie. [Sy sal aanhou gespot of verwyt word.]
• Die knoop sit aan die end van die riem. [Die moeilikheid kom eers later.]
• Hoe steiler die opdraand, hoe nader aan die end. [Hoe harder 'n mens werk, hoe gouer kry jy klaar.]
Homofoon:
• ent (afstand, stuk, gedeelte; ook die loot van 'n boom in die spleet van 'n ander vestig)
Vertaling:
Engels: end, close, conclusion, termination
Nederlands: end
Werkwoord: end
Verlede tyd: het geënd
Betekenis:
• Tot 'n einde bring.
Gebruik:
• Die lawwigheid end nou!
Vertaling:
Engels: to end
Nederlands: beëindigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|