Leksikograaf Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
engel
Afbreking: eng•el
Selfstandige naamwoord: engel
Meervoud: engele
Verkleinwoord: engeltjie
Meervoud van verkleining: engeltjies
Betekenis:
• Hemelse wese wat God dien en as bemiddelaar tussen God en mens optree.
• Iemand wat groot dade van naasteliefde doen.
Gebruik:
• Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig.
• Die buurvrou bring gereeld kos oor, sy is 'n engel!
Spreekwoord:
• Jy kom soos 'n engel uit die hemel. [Jy kom net op die regte tyd.]
• Van 'n engel 'n duiwel maak. ['n Vreedsame mens so terg dat hy woedend word.]
• Jy dink jy het 'n engel aan die vlerk en jy het 'n duiwel aan die stert. ['n Mens moet glad nie na die uiterlike oordeel nie.]