vlees [boodskap #131893] |
Wed, 01 July 2020 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlees
Afbreking: vlees
Selfstandige naamwoord: vlees
Meervoud: –
Betekenis:
• (deftig) Die spierweefsel van mense of diere, of die vleis van 'n vrug.
• (figuurlik) Die menslike natuur.
Gebruik:
• Die vrug het 'n sagte vlees.
• Die vlees is swak maar die gees bly sterk.
Spreekwoord:
• Jou vlees en bloed. [Jou eie familie.]
• Vlees van jou vlees. [Familie en naverwante.]
• Dis nóg vis nóg vlees. [Dit is nie een van die twee nie.]
• Dis vir my ’n doring in die vlees. [Dis iets wat my erg hinder of irriteer.]
• Die gees is gewillig, maar die vlees is swak. [Iets goeds wil doen, maar nie fisies in staat nie.]
Vertaling:
Engels: meat; flesh
Nederlands: vlees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|