Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » masker
masker [boodskap #131892] Wed, 01 July 2020 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Chirurgiese masker.
'n Chirurgiese masker.
masker
Afbreking: mas•ker


Selfstandige naamwoord: masker
Meervoud: maskers
Verkleinwoord: maskertjie
Meervoud van verkleining: maskertjies

Betekenis:
• Voorwerp wat voor die gesig geplaas word om identiteit te verbloem; mombakkies.
• Gesigsbedekking vir beskerming of toediening van suurstof.

Gebruik:
• Dansers met maskers het dikwels 'n spirituele betekenis in tradisionele kulture.
• Sit jou masker op as jy naby ander mense kom om jou teen die virus te beskerm.

Spreekwoord:
• Iemand die masker afruk. [Iemand se huigelary openbaar.]
• Jy moet die masker aflê. [In jou ware gedaante vertoon.]
• Die masker afdoen. [Jou in jou ware gedaante toon; jou ware bedoeling openbaar.]
• Hy het die masker afgewerp. [Jou in jou ware gedaante toon; jou ware bedoeling openbaar.]

Afgelei:
• doodsmasker
• gasmasker
• gesigsmasker
• maskerbal
• maskerspel
• rookmasker
• suurstofmasker

Vertaling:
Engels: mask, disguise
Nederlands: masker


Werkwoord: masker
Verlede tyd: het gemasker

Betekenis:
• Die ware aard verbloem of versteek.

Gebruik:
• Die virus masker die werklik ekonomiese kwessie.

Vertaling:
Engels: to mask, veil
Nederlands: maskeren

Nota:
• Snaakse name: mondkappie, bekpêntie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bemoeilik
Volgende onderwerp: vlees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 05:24:44 UTC 2025