souterig [boodskap #131875] |
Mon, 29 June 2020 15:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
souterig
Afbreking: sou•te•rig
Byvoeglike naamwoord: souterig
Vergrotende trap: souteriger
Oortreffende trap: souterigste
Attributief: souterige
Partitief: souterigs
Betekenis:
• Wat baie sout bevat of na sout proe.
Gebruik:
• Al die sout het die kos baie souterig laat proe en dit was ook nie juis geurig nie.
Sinoniem:
• brak
• soutagtig
• soutig
Afgelei:
• souterigheid
Vertaling:
Engels: salty, brackish
Nederlands: zoutig, zoutachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|