slenterdrag [boodskap #131871] |
Mon, 29 June 2020 11:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slenterdrag
Afbreking: slen•ter•drag
Samestelling: slenter + drag
Selfstandige naamwoord: slenterdrag
Meervoud: –
Betekenis:
• Niedeftige klere wat gemaklik sit, soos met 'n T-hemp, denimbroek en tekkies.
Gebruik:
• Slenterdrag is geen verskoning om slordig te wees nie.
Sinoniem:
• gemaklike drag
• informele drag
Verwant:
• slenterbroek
• slentersjiek
Vertaling:
Engels: casual wear
Nederlands: vrijetijdskledij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|