staatskaping [boodskap #131863] |
Sun, 28 June 2020 19:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
staatskaping
Afbreking: staats•ka•ping
Samestelling: staat + -s- + kaping
Selfstandige naamwoord: staatskaping
Meervoud: –
Betekenis:
• Die koöptering van staatsinstellings vir privaat verryking.
Gebruik:
• Die Zondo-kommissie van Ondersoek is in 2018 gestig om beweerings van staatskaping in Suid-Afrika te ondersoek.
Vertaling:
Engels: state capture
Nota:
• Samestelling van "staat" en "kaping" (buit; roof) as leenvertaling vir state capture.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|