Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spog
spog [boodskap #131860] Sun, 28 June 2020 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
spog
Afbreking: spog


Werkwoord: spog
Verlede tyd: het gespog
Teenwoordige deelwoord: spoggende

Betekenis:
• 'n Vertoon maak; trots wees op; met iets pronk.

Gebruik:
• Die omgewing spog in die lentetyd met sy veldblommeprag.

Spreekwoord:
• Met 'n kind en 'n steeks perd moet jy nooit spog nie. [Kinders en perde is onvoorspelbaar.]

Sinoniem:
• bral
• brêg (informeel)
• grootpraat
• pronk
• roem

Afgelei:
• spoggery
• spogter
• spogtery

Vertaling:
Engels: to brag, boast, swank, show off
Nederlands: opscheppen, pochen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaggat
Volgende onderwerp: speltoets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 05:18:38 UTC 2025