Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spuit
spuit [boodskap #131851] Sun, 28 June 2020 14:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
spuit
Afbreking: spuit


Selfstandige naamwoord: spuit
Meervoud: spuite
Verkleinwoord: spuitjie
Meervoud van verkleining: spuitjies

Betekenis:
• Werktuig waarmee 'n vloeistof onder druk verplaas word.
• 'n Inspuiting.

Gebruik:
• Hy verstel die tuinslang se spuit.
• Jy sal nie eers die spuit se naald voel nie.

Afgelei:
• spuitbeton
• spuitfontein
• spuitnaald
• spuitpomp
• spuitslang
• spuitverf

Vertaling:
Engels: nozzle, spout; needle, syringe
Nederlands: spuit


Werkwoord: spuit
Verlede tyd: het gespuit

Betekenis:
• Vloeistof onder druk verplaas.

Gebruik:
• Sy spuit die grasperk nat.

Afgelei:
• afspuit
• bespuit
• inspuit
• uitspuit

Vertaling:
Engels: to squirt, spray
Nederlands: spuiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plofstof
Volgende onderwerp: verewig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 05:00:16 UTC 2025