perk [boodskap #131847] |
Sun, 28 June 2020 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
perk
Afbreking: perk
Selfstandige naamwoord: perk
Meervoud: perke
Betekenis:
• Grens of limiet wat nie oorskry kan of mag word nie.
• (minder gebruiklik) Ruimte wat vir 'n doel afgebaken is, soos 'n grasperk, setperk of strydperk.
Gebruik:
• Die perk is later opgehef. Hy ken nie sy perke nie.
Spreekwoord:
• Paal en perk aan iets stel. [Iets beheer, beperk, inkort.]
Afgelei:
• grasperk
• setperk
• spoedperk
• strydperk
• tydperk
Verwant:
• beperk
• inperk
Vertaling:
Engels: limit, boundary
Nederlands: perk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|