krygsmag [boodskap #131843] |
Sun, 28 June 2020 09:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krygsmag
Afbreking: krygs•mag
Selfstandige naamwoord: krygsmag
Meervoud: krygsmagte
Verkleinwoord: krygsmaggie
Meervoud van verkleining: krygsmaggies
Betekenis:
• 'n Groot militêre mag van troepe en wapens.
Gebruik:
• Die staatspresident was die opperbevelhebber van die krygsmag, wat uit kommando’s en die staatsartillerie bestaan het.
Sinoniem:
• aanvalsmag
• heer (verouderd)
• invalsmag
• leër
• leërmag
• troepemag
• verdedigingsmag
• weermag
Vertaling:
Engels: armament, army, military force
Nederlands: krygsmag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|