belasting [boodskap #131837] |
Sun, 28 June 2020 08:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
belasting
Afbreking: be•las•ting
Selfstandige naamwoord: belasting
Meervoud: belastings
Verkleinwoord: belastinkie
Meervoud van verkleining: belastinkies
Betekenis:
• Gedwonge betaling aan die owerheid waarmee openbare dienste gefinansier word.
Gebruik:
• Die hoeveelheid belasting wat jy betaal hang van verskeie faktore af, waaronder jou ouderdom en hoeveel jy verdien.
Hiponiem:
• bedryfbelasting
• eiendomsbelasting
• invoerbelasting
• uitvoerbelasting
Afgelei:
• belastingaanslag
• belastingbetaler
• belastingdiens
• belastingdruk
• belastinggaarder
• belastingjaar
• belastingkoers
• belastingnommer
• belastingontduiking
• belastingparadys
• belastingpligtig
• belastingtoegewing
• belastingverligting
• belastingvermyding
• belastingvry
• belastingwet
Vertaling:
Engels: taxation, tax, levy, charge, burden
Nederlands: belasting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|