aansluit [boodskap #131835] |
Sun, 28 June 2020 07:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aansluit
Afbreking: aan•sluit
Samestelling: aan + sluit
Werkwoord: sluit aan, aansluit
Verlede tyd: het aangesluit
Betekenis:
• 'n Lid van 'n groep of organisasie word; toetree tot.
• Mekaar opvolg; twee soortgelyke dinge wat by mekaar uitkom.
• Met 'n stelsel of netwerk verbind word.
• Saamstem met iets wat iemand sê.
Gebruik:
• Hy wil by die nuwe politieke party aansluit.
• Die Mosambiekstroom vloei suidwaarts deur die kanaal waar dit aansluit by 'n stroom vanaf die ooskus van Madagaskar om die Agulhasstroom te vorm.
• Hy sluit sy nuwe rekenaar op die netwerk aan.
• Ek wil by Koos aansluit, die projek vorder fluks.
Sinoniem:
• aaneenbind
• aaneenvoeg
• bind
• bymekaarbring
• verbind
Vertaling:
Engels: to join, unite, connect
Nederlands: aansluiten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|