aanspoor [boodskap #131831] |
Sun, 28 June 2020 07:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanspoor
Afbreking: aans•poor
Samestelling: aan + spoor
Werkwoord: spoor aan, aanspoor
Verlede tyd: het aangespoor
Betekenis:
• Aanmoedig of aanpor tot aksie.
Gebruik:
• Ons moet mekaar aanspoor tot liefde en goeie dade.
Sinoniem:
• aanmoedig
• aanmaan
• aanpor
Antoniem:
• ontmoedig
Verwant:
• aansporend
• aansporing
Vertaling:
Engels: to spur on, urge on
Nederlands: aansporen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|