Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boomslang
boomslang [boodskap #131828] Sa., 27 Junie 2020 16:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26661
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Boomslang.
'n Boomslang.
boomslang
Afbreking: boom•slang
Samestelling: boom + slang


Selfstandige naamwoord: boomslang
Meervoud: boomslange
Verkleinwoord: boomslangetjie
Meervoud van verkleining: boomslangetjies

Betekenis:
• (algemeen) 'n Slang wat hoofsaaklik in bome leef.
• (reptiel) Groot, uiters giftige slang van Afrika suid van die Sahara, Dispholidus typus.

Gebruik:
• Pasop vir die boomslang in die okkerneutboom.
• Die wyfies en onvolwasse boomslange is bruingrys, terwyl die mannetjies heldergroen word.

Vertaling:
Engels: boomslang
Nederlands: boomslang

Nota:
• Die woord "boomslang" is in baie ander tale, waaronder Engels en Nederlands, opgeneem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorskryf
Volgende onderwerp: boegoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 29 06:29:16 UTC 2026