Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanneem
aanneem [boodskap #131826] Sat, 27 June 2020 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanneem
Afbreking: aan•neem
Samestelling: aan + neem


Werkwoord: neem aan, aanneem
Verlede tyd: het aangeneem
Teenwoordige deelwoord: aannemende
Verlede deelwoord: aangenome

Betekenis:
• Aanvaar dat iets waar is; glo dat dit so is; veronderstel.
• Iets goedkeur; aanvaar.
• 'n Kind wettiglik in 'n gesin opneem; adopteer.
• As lidmaat van 'n kerk aanvaar word; by 'n gemeente of vereniging aansluit.

Gebruik:
• As hy dit sonder meer aanneem, het hy nie mooi oor die saak gedink nie.
• Die volktribuun Drusus laat twee wette aanneem wat grond aanwys en verdeel.
• Die gesin wil 'n kind aanneem.
• Sy word Sondag voor die gemeente aangeneem.

Antoniem:
• verwerp

Vertaling:
Engels: to accept, receive, adopt
Nederlands: aannemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wysig
Volgende onderwerp: voorskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 05:17:17 UTC 2025