bouval [boodskap #131821] |
Sat, 27 June 2020 09:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bouval
Afbreking: bou•val
Samestelling: bou + val
Uitspraak: /ˈbœu̯.fal/
Selfstandige naamwoord: bouval
Meervoud: bouvalle
Verkleinwoord: bouvalletjie
Meervoud van verkleining: bouvalletjies
Betekenis:
• 'n Baie vervalle gebou.
Gebruik:
• Die bouvalle van Groot Zimbabwe het in 1980 sy naam aan die nuwe onafhanklike staat Zimbabwe verleen.
Sinoniem:
• ruïne
• puinhoop
Afgelei:
• bouvallig
Vertaling:
Engels: ruin, ruins
Nederlands: bouwval, ruïne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|