Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kanon
kanon [boodskap #131817] Sat, 27 June 2020 08:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kanon.
'n Kanon.
kanon
Afbreking: ka•non


Selfstandige naamwoord: kanon
Meervoud: kanonne
Verkleinwoord: kanonnetjie
Meervoud van verkleining: kanonnetjies

Betekenis:
• Wapen waarmee plofbare projektiele afgevuur word; grofgeskut met 'n groot kaliber.

Gebruik:
• Die kanon op Sein­heu­wel in Kaap­stad word daagliks teen 12:00 gevuur.

Sinoniem:
• katlagter

Afgelei:
• kanonkoeël
• kanonskoot
• kanonstelling
• kanonvuur
• waterkanon

Vertaling:
Engels: cannon, gun
Nederlands: kanon


Selfstandige naamwoord: kanon
Meervoud: kanons

Betekenis:
• 'n Algemene wet, reël, beginsel of voorskrif.

Gebruik:
• Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van die Bybel tydens 'n sinode in Rome in 494 vasgestel.

Vertaling:
Engels: canon
Nederlands: canon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hiëna
Volgende onderwerp: gatvol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 02:48:21 UTC 2025