sender [boodskap #131809] |
Fri, 26 June 2020 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sender
Afbreking: sen•der
Selfstandige naamwoord: sender
Meervoud: senders
Verkleinwoord: sendertjie
Meervoud van verkleining: sendertjies
Betekenis:
• Iemand wat iets wegstuur.
• Toestel wat elektromagnetiese golwe uitstraal wat elders met 'n antenne opgevang kan word; sendtoestel.
• Sendstasie soos 'n radio- of TV-stasie.
Gebruik:
• Dit is belangrik om die ontvanger en die sender se adresse op die koevert aan te bring.
• Die seine van hierdie senders word gebruik om die vliegtuig se presiese ligging te bepaal.
• Die radio is op die Afrikaanse sender ingestel.
Sinoniem:
• afsender
• afstuurder
• stuurder
• versender
Antoniem:
• ontvanger
Afgelei:
• radiosender
• televisiesender
Vertaling:
Engels: sender, transmitter
Nederlands: zender
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|