Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » satelliet
satelliet [boodskap #131808] Fri, 26 June 2020 15:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Satelliet.
'n Satelliet.
satelliet
Afbreking: sa•tel•liet


Selfstandige naamwoord: satelliet
Meervoud: satelliete
Verkleinwoord: satellietjie
Meervoud van verkleining: satellietjies

Betekenis:
• Mensgemaakte voorwerp wat in 'n wentelbaan om 'n planeet of ander ruimteliggaam geplaas word; 'n kunsmaan.
• Hemelliggaam wat in 'n baan om 'n groter hemelliggaam wentel; natuurlike maan.
• Iets wat van 'n ander afhanklik is.

Gebruik:
• Die wêreld se eerste kunsmatige satelliet, Spoetnik 1, is in 1957 deur die Sowjetunie gelanseer.
• Die Aarde is 'n natuurlike satelliet van die Son.
• Die onderneming het 'n satelliet op die naburige dorp geopen.

Afgelei:
• satellietfoon
• satellietfoto
• satellietkampus
• satellietland
• satellietsender
• satellietskottel
• satellietstaat
• satellietstad
• satellietstelsel
• satelliettelevisie
• satellietuitsending

Spelfout:
• satalliet

Vertaling:
Engels: satellite
Nederlands: satelliet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skeur
Volgende onderwerp: sender
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 02:35:52 UTC 2025