| urn [boodskap #131801] |
Vr., 26 Junie 2020 12:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24136 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Urns
urn
Afbreking: urn
Uitspraak: /ˈœrən/
Selfstandige naamwoord: urn
Meervoud: urne, urns
Betekenis:
• Vaas vir 'n dooie se as. Erdepot om die oorblyfsel van 'n verasde persoon in te bewaar.
Gebruik:
• 'n Urn kan tuis gehou word, maar kan ook in 'n gedenkmuur by 'n begraafplaas of kerk bewaar word.
Sinoniem:
• askruik
• lykbus
• lykvaas
Afgelei:
• grafurn
Vertaling:
Engels: urn, ossuary
Nederlands: urn
Nota:
• Van Latyn, "urna".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|