senotaaf [boodskap #131798] |
Fri, 26 June 2020 08:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
senotaaf
Afbreking: se•no•taaf
Selfstandige naamwoord: senotaaf
Meervoud: senotawe
Verkleinwoord: senotaafie
Meervoud van verkleining: senotaafies
Betekenis:
• 'n Simboliese grafmonument wat nie beendere bevat nie.
Gebruik:
• Om twaalfuur op 16 Desember, oftewel Geloftedag, val 'n sonstraal op die Voortrekkermonument se senotaaf.
Afgelei:
• granietsenotaaf
• senotaafsaal
Verwant:
• sarkofaag
Vertaling:
Engels: cenotaph
Nederlands: cenotaaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|