pieringoog [boodskap #131776] |
Wed, 24 June 2020 10:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pieringoog
Afbreking: pie•ring•oog
Samestelling: piering + oog
Byvoeglike naamwoord: pieringoog
Attributief: pieringoog
Betekenis:
• Met oë so groot so pierings (gewoonlik oopgerek uit skrik of verbasing).
Gebruik:
• Ons hoor 'n harde knal en kyk mekaar pieringoog aan.
Sinoniem:
• grootoog
Vertaling:
Engels: big-eyed
Nederlands: grootogig
Selfstandige naamwoord: pieringoog
Meervoud: pieringoë
Verkleinwoord: pieringogie
Meervoud van verkleining: pieringogies
Betekenis:
• 'n Groot oog of iemand met groot oë (soos 'n babatjie).
Gebruik:
• My pieringoog het vandag sy eerste tree gegee.
Vertaling:
Engels: big eyes
Nederlands: schoteloog, grootoog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|