Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nugter
nugter [boodskap #131772] Tue, 23 June 2020 14:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
nugter
Afbreking: nug•ter


Byvoeglike naamwoord: nugter
Vergrotende trap: nugterder
Oortreffende trap: nugterste
Attributief: nugter
Intensief: doodnugter

Betekenis:
• By jou volle verstand en nie onder die invloed van alkohol of 'n ander middel nie.
• Voordat ontbyt genuttig is.

Gebruik:
• Noudat hy weer nugter is kan mens dalk tot hom deurdring.
• Nie op my nugter maag nie.

Spreekwoord:
Nugter weet. [Niemand weet nie.]
• Op jou nugter maag. [Voordat jy geëet het.]

Sinoniem:
• sober

Antoniem:
• besope

Afgelei:
• nugterheid
• ontnugter

Vertaling:
Engels: sober; fasting
Nederlands: nuchter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: roes
Volgende onderwerp: objektiwiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 01:30:16 UTC 2025