Leksikograaf Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
roes
Afbreking: roes
Selfstandige naamwoord: roes
Meervoud: –
Betekenis:
• Geoksideerde metaal, soos die rooi of bruingeel bedekking op yster.
• 'n Swamsiekte op plante waar vooibruin vratjies op blare en stingels vorm.
• Bedwelm deur drank of ander middels.
Gebruik:
• Hy behandel die yster teen roes.
• Die uitbreek van roes kan voorkom word deur weerstandbiedende kultivars aan te plant.
• Die dronkaard slaap sy roes af.
Spreekwoord:
• Jou roes uitslaap. [Slaap tot jy weer nugter is.]
Betekenis:
• Metaal wat oksideer (met suurstof verbind).
Gebruik:
• Voertuie roes vinniger by die see as in die binneland.
Spreekwoord:
• Arbeid adel; rus roes. [Werk maak van jou 'n beter mens.]
• Ou liefde roes nie. [Die liefde wat 'n mens eenmaal vir 'n persoon gehad het, gaan nooit heeltemal weg nie.]
Vertaling:
Engels: to rust, corrode
Nederlands: roesten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.