Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ryp
ryp [boodskap #131766] Di., 23 Junie 2020 08:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24473
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ryp tamaties.
Ryp tamaties.
ryp
Afbreking: ryp


Byvoeglike naamwoord: ryp
Vergrotende trap: ryper
Oortreffende trap: rypste
Attributief: rype
Partitief: ryps
Intensief: papryp

Betekenis:
• Die eetbare toestand bereik. Geskik om geoes of gepluk te word.
• (figuurlik) Tot volwassenheid kom.

Gebruik:
• Moenie die groenes eet nie, net die ryp vrugte is lekker.
• Hy is ryp vir die tien kilometer wedloop.

Spreekwoord:
• Vroeg ryp, vroeg vrot. [Gesê van kinders wat te gou ontwikkel.]

Antoniem:
• groen
• onryp

Hiponiem:
• geslagsryp
• halfryp
• oorryp
• plukryp

Afgelei:
• rypheid
• rypvry

Vertaling:
Engels: ripe; mature
Nederlands: rijp

Ryp op gras.
Ryp op gras.

Selfstandige naamwoord: ryp
Meervoud:

Betekenis:
• Gevriesde dou of mis. Wit neerslag wat in die koue vorm.

Gebruik:
Ryp ontstaan meestal tydens rustige, helder nagte op voorwerpe wat vinnig warmte deur uitstraling verloor.

Hiponiem::
• nagryp
• winterryp
• swartryp

Afgelei:
• rypskade
• rypwording

Vertaling:
Engels: frost, hoarfrost
Nederlands: rijp


Werkwoord: ryp
Verlede tyd: het geryp
Teenwoordige deelwoord: rypend, rypende
Verlede deelwoord: gerypte

Betekenis:
• Om 'n wit, ysige neerslag te vorm.
• Om ryper te word of te maak.

Gebruik:
• Die gras ryp die vroeë oggendure.
• Teen Maart het die koring volledig geryp.

Afgelei:
• doodryp

Vertaling:
Engels: to frost; to ripen
Nederlands: rijpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leed
Volgende onderwerp: kommer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Feb. 21 19:00:45 UTC 2026