edelgas [boodskap #131763] |
Mon, 22 June 2020 20:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
edelgas
Afbreking: edel•gas
Samestelling: edel + gas
Selfstandige naamwoord: edelgas
Meervoud: edelgasse
Betekenis:
• 'n Chemiese element wat baie onreaktief is en geen verbindings vorm nie.
Gebruik:
• Kenmerkend van 'n edelgas is dat die s- en p-orbitale volledig gevul is; dit is ook reuk- en kleurloos.
Hiponiem:
• helium
• neon
• argon
• kripton
• xenon
• radon
Vertaling:
Engels: noble gas
Nederlands: edelgas
Nota:
• Samestelling van edel en gas.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|