Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tonnel
tonnel [boodskap #131732] Sun, 21 June 2020 17:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tonnel.
'n Tonnel.
tonnel
Afbreking: ton•nel
Uitspraak: /ˈtɔ.nəl/


Selfstandige naamwoord: tonnel
Meervoud: tonnels
Verkleinwoord: tonneltjie
Meervoud van verkleining: tonneltjies

Betekenis:
• 'n Ondergrondse deurgang tussen twee punte.
• 'n Lang ingeslote ruimte met openinge wat as in- en uitgange dien.

Gebruik:
• 'n Tonnel kan onder andere gebruik word om verkeer (soos karre en treine) te dra, om water te kanaliseer, of om kabels aan te lê.

Sinoniem:
• berggang

Afgelei:
• bergtonnel
• myntonnel
• toegangstonnel

Vertaling:
Engels: tunnel; subway
Nederlands: tunnel


Werkwoord: tonnel
Verlede tyd: het getonnel

Betekenis:
• 'n Tonnel grawe.

Gebruik:
• Die mol tonnel ons tuin vol gate.

Vertaling:
Engels: to tunnel
Nederlands: tunnelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaf
Volgende onderwerp: vuurwapen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 23:58:14 UTC 2025